Olimpiade

Ons skool neem jaarliks aan Olimpiades in die volgende vakke deel:  Verbruikerstudie, Lewenswetenskap, Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap, Inligtingstegnologie en Afrikaans.

Vrystaat en Noord-Kaap Nautilus Wiskundekompetisie

6 leerders word opgeneem in die Vrystaat en Noord-Kaap Nautilus Wiskundespanne. Hulle behaal 2 eerste plekke, 1 vierde plek, 1 vyfde plek en 1 sesde plek.

Amesa Wiskunde Olimpiade

In die jaarlikse AMESA Wiskunde Olimpiade wat in die Vrystaat gehou word, ontvang 3 leerders vanjaar Erekleure en 2 leerders ontvang Halfkleure. Ook in die jaarlikse AMESA Wiskundige Geletterdheid Olimpiade wat in die Vrytaat gehou word, ontvang 1 leerder Erekleure en 3 leerders Halfkleure.

Bio-Science Global Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid Olimpiade

19 leerders neem aan die Olimpiade deel. Hulle ontvang 4 goue, 3 silwer en 4 brons medaljes.

S.A.I.P.A. Nasionale Rekeningkunde Olimpiade

Een leerder presteer skitterend deur derde in die Vrystaat te eindig. 

Rekenaar Programmeringsolimpiade

Die leerder wat aan die Rekenaar Toepassingsolimpiade deelgeneem het, eindig vierde in die Vrystaat.

‘n Graad 11-leerder en ‘n Graad 12-leerder het aan die Nasionale Programmeringsolimpiade deelgeneem. Een leerder dring deur na die tweede rondte van die Nasionale Olimpiade en kwalifiseer vir ‘n brons sertifikaat.

Eskom Ekspo

Die jaarlikse Eskom Ekspo het tydens die week van 11 tot 13 Augustus 2016 plaasgevind. JF het slegs een inskrywing gehad. Hierdie leerder behaal ‘n brons medalje.

Senior Afrikaanse Huistaal Olimpiade

Vyf en twintig leerders het aan die Olimpiade deelgeneem.

Agt leerders behaal prestasies onder die top 10 in die Vrystaat.

Twee leerders is gesamentlik eerste in die Vrystaat en vyftiende in Suid-Afrika en ontvang elk ‘n prysgeld van R1000,00.

Ons behaal die volgende plekke:

‘n derde plek
2 leerders behaal gesamentlik ‘n vyfde plek
‘n sesde plek
2 leerders behaal gesamentlik ‘n agste plek (gr. 10-leerders)

Vrystaat Fisiese Wetenskap Olimpiade

Twee graad 11-leerders en agt graad 12-leerders eindig onder die top 50 leerders in elke graad.
Een graad 11-leerder en vier graad 12-leerders eindig almal onder die top 10 in die Vrystaat.

South African Youth Waterprize

Driaan-Lou Kemp tree as wenner uit die stryd. Hy het as Suid-Afrikaanse verteenwoordiger aan die internasionale kompetisie in Swede teen die wenners van 32 lande meegeding. Na aanleiding van sy prestasie in Swede, word hy uitgenooi na ‘n verdere kompetisie in Boedapest, Hongarye.

SUT-Tegnologie Vasvra

JF tree as wenners uit die stryd. Twee R10 000,00 studiebeurse vir studie in Ingenierswese en Inligtingstegnologie aan die SUT gewen

Vrystaat Brugbou

Tydens die Vrystaat kompetisie behaal ons A-span ‘n tweede plek.

Verbruikerstudie Olimpiade

‘n Rekordgetal van 32 gr. 11- en 12-leerders het vir die 2016 olimpiade ingeskryf en almal het geslaag.