Multisentrum

Die Jim Fouché multisentrum is voltooi en watter pragtige gebou is dit nie. Hierdie gebou voeg baie waarde toe tot ons terrein. Die personeel en bestuursliggaam het reeds die ingebruikneming van die gebou gevier, terwyl die amptelike opening Woensdag 16 Februarie 2011 is. Die hele JF gemeenskap is baie opgewonde oor die nuwe toevoeging en groot dank word aan die skool se bestuursliggaam opgedra vir die wonderlike inisiatief.

Die multisentrum sal ook vir die volgende aktiwiteite aangewend kan word:

  • Vergaderinglokaal – Alle JF komitees, VRL ens.
  • Koffiewinkel na skoolure. (Veral ouers wat wag vir hul kinders se buitemuurs om klaar te maak – uitbreiding van ons snoepiedienste.
  • Uitverhuring vir troues, verlowings, kongresse, werkswinkels aan die privaatsektor.
  • Klubhuis. Versamelpunt vir al JF ondersteuners.
  • Te dien as verkoopslokaal vir alle stalletjies tydens die jaarlikse JF Karnaval.
  • Onthaallokaal / jaareindfunksies vir al JF se sportskodes, kultuurgroepe, ens.
  • Vele ander sal in die toekoms by bogenoemde lys gevoeg word.

 

 

Comments are closed.