Algemeen

ANTON VAN WYK KOSHUIS

Hoërskool Jim Fouché beskik oor ‘n baie netjiese koshuis wat plek bied vir 34 dogters en 45 seuns. Leerders van die platteland word hoofsaaklik gehuisves. Toesig word deur personeel en studente gedoen. Die koshuis beskik oor geslote baan televisie en sekuriteit om die leerders veilig te hou.

Die leerders kry ook die geleentheid om lekker dinge saam te doen, soos om krieket te gaan kyk, fliek, swem in die somer, ens. Elke jaar is daar ‘n Valentynsokkie en ‘n Kersete, wat ook die afskeid van die graad 12-leerders is. Woensdag-middae word hulle met ‘n bus na die Waterfront-inkopiesentrum geneem en weer teruggebring.

Omdat ons nie ‘n groot koshuis is nie, word individuele aandag aan leerders gegee en word leerders groot vriende in die koshuis. Ons nooi jou uit om deel te word van ons familie by die Anton van Wyk koshuis.