Kultuur

 JF-Kunste Akademie

JF-Kunste Akademie bestaan uit ‘n dramakamer, toegerus met ‘n verhoog, ‘n danskamer wat opgeknap is met spieëls, “barre” vir die dansers en ‘n dansvloer. Daar is vier oefenkamers vir ons musiekleerders, ‘n visuele kunstekamer, ‘n musiekklas en ‘n sangklas.

Dit is alreeds die derde jaar wat die Kunste-Akademie in volle swang is en steeds gaan ons van krag tot krag. Vanjaar is daar 71 leerders wat deel is van die akademie.

Ons was ook bevoorreg dat me. Ilse Nel haar sangskool, Sirius, na die kunste-akademie geskuif het, so ook het me. Santie van Biljon haar dansskool Creative Dance Academy, hier gevestig.

Ons het dié jaar twee kultuuraande aangebied.