ATKV

ATKV-Redenaars

Redenaars is waar individuele deelnemers die gehoor van hul standpunt oorreed.

Vanjaar het die redenaars in beide die onvoorbereide en die voorbereide kategorie deelgeneem. Die kompetisie bestaan uit 3 rondtes: streeks-, provinsiale en nasionale rondte.

Skole word in Bloemfontein rondte beperk om slegs vir elke vyf onvoorbereide redenaars en een voorbereide redenaar in te skryf.

2 Juniors en 1 senior het na die provinsiale rondte deurgedring.

Een leerder het ‘n derde plek in die provinsiale rondte behaal.

ATKV-Debat

Hierdie is ‘n spankompetisie waar elke span vir ongeveer een uur teen ‘n span van ‘n ander debatteer.

In die eerste rondte van die ATKV-debatkompetisie neem vier junior- en vier seniorspanne deel en twee seniorspanne dring deur na die Vrystaatrondte. Een span eindig tweede in die Vrystaat en verteenwoordig die Vrystaat gedurende Augustus by die Nasionale rondte

Volksblad Dink-of-Sink Debat

Vanjaar het twee spanne aan die jaarlikse Dink-of-Sink-debat deelgeneem.

ATKV-Jeugtak (Taalindoenas)

Die ATKV-Jeugtak se oogmerk is om Afrikaans deur middel van verskeie aksies te bevorder. JF se tak ondersteun leerders wat aan Debat-, skryf- en Spelkompetisies deelneem. Die Voorsitter van JF se Taalindoenas woon jaarliks die ATKV se nasionale kongres by en van die lede lewer ook ‘n bydrae by die Vryfees. Vanjaar ondersteun die tak VivA Afrikaans se Varsgebak Sêgoed en Kykgoed-kompetisie.

Skryfprestasies

Poort-publikasie: drie leerders publiseer vanjaar in Poort.

Afrikaans Internasionale Ekspo: nege goue sertifikate en 10 silwer sertifikate is verwerf.
JF lewer ‘n wenner op in die gr. 12-kategorie vir poësie.

In die Thompson-Afrifiksie Fantasie- en Wetenskapfiksie Skryfkompetisie is een van JF se leerders as algehele wenner aangewys.

Die WOW-spelkompetisie (Woorde Open Wêrelde) is ‘n inisiatief van die Universiteit Stellenbosch. Die doel is om leerders aan te moedig om speel-speel te leer spel. Leerders van gr. 1-10 mag aan hierdie kompetisie deelneem. JF-leerders neem elke jaar entoesiasties deelneem.
Vanjaar het vier JF-leerders na die provinsiale rondte deurgedring, maar ongelukkig uitgval.