Visuele kuns en ontwerp

Jim Fouché streef daarna om leerders se potensiaal tot die maksimum te ontwikkel. Op kuns- en ontwerpgebied het ons leerders bogemiddeld presteer. Jim Fouché beskik oor leerders met ongelooflike talent.

Tydens die jaarlikse Bloemskou het ons leerders goed gevaar en twee eerste plekke verower. Baie geluk aan al die leerders wat deelgeneem het.

Baie dankie aan elke ouer wat hul kind die geleentheid gun om kuns te neem en hulle met toewyding en geduld ondersteun in die ontwikkeling van hul talente.