Landsdiens

Loerie Landsdiensklub het 15 lede in 2014 geregistreer.

Twee lede het die Thin Air Eco Challenge in Lesotho meegemaak, ‘n prestige uitreik van Landsdiens SA. Twaalf Loeries het die provinsiale kamp in Mei bygewoon. Ses lede is gekies om in Desember die nasionale kamp in die Kaap by te woon.

Drie Loeries het hierdie jaar die Springboktoekenning verwerf.

Die Loeries was aktief besig gedurende die jaar, veral ook met hul betrokkendheid by die Helgard Muller Jadè Huis, waar hul gereeld met die inwoners kuier. Hulle was ook hard besig met voorbereidings vir die eeufeesvieringe. Ons klub het verskeie artikels vir die geleentheid gemaak en versamel.