Redenaars

Redenaars

Redenaars help die leerders nie net om opinies te lug en argumente te formuleer nie, maar leer ook die deelnemers om vinnig op hul voete te dink en hulself met selfvertroue en gemak oor te dra.
Redenaars is ‘n indiwiduele aktiwiteit waar elke spreker op sy eie sy gehoor van sy standpunt moet oortuig.
Die ATKV-kompetisiedatums is op die skoolkalender aangeteken.
Die skool moet 6 leerders wat onvoorbereid gaan praat, inskryf en slegs daarna mag 5 ander leerders vir die voorbereide afdeling inskryf.

Debat

In hierdie lekker spanaktiwiteit leer leerders om hul opinie te lug en mekaar van hul standpunte te oortuig. Spanne ding teen mekaar mee
Die twee debatte waraan ons deelneem is die ATKV-debatkompetisie asook die Dink of Sink Volksbladkompetisie
Die Hoërskool Jim Fouché het ‘n trotse prestasierekord wat redenaars en debat betref.
In 1998 en 1999 verteenwooordig Anja Groenewal en Jolanna van der Westhuizen die skool by die Nasionale Rapportryersdebatkompetisie.

Die kompetisie is deur die ATKV oorgeneem en verskeie prestasies volg:

Redenaars

2003 Lizanne Dippenaar (gr.9) Verteenwoordig die VS by Nasionaal
2004 Adriaan Steyn (gr. 8) Verteenwoordig die VS by Nasionaal
2005 Lizanne Dippenaar (gr, 11) Verteenwoordig die VS by Nasionaal
2006 Adriaan Steyn (gr. 10)
Lizanne Dippenaar (gr.12) Verteenwoordig die VS by Nasionaal
2008 Adriaan Steyn (gr. 12) Nasionale redenaar beste seun asook beste taalgebruiker
2014 Benita van der Merwe (gr.11) Nasionale redenaar beste meisie asook beste taalgebruiker
2015 Benita van der Merwe (gr.12) Verteenwoordig die VS by Nasionaal

Debat

2006 Adriaan Steyn (gr. 10) en Annemieke Plekker (gr. 11) Seniorspan verteenwoordig die VS by Nasionaal
2007 Adriaan Steyn (gr. 11) en Annemieke Plekker (gr. 12) Nasioanale seniorwenners
2009 Ielene Adendorff, Mykala Maas en Carita Visser Juniorspan eindig derde Nasionaal
2009 Elizna Venter, Leilani de Meyer en Janke Kotzé Juniorspan verteenwoordig die VS by Nasionaal
2009 Marlise Coetsee en Lize Botha Seniorspan verteenwoordig die VS by Nasionaal
2011 Janke Kotzé, Berdine Button en Josiah Meyer Juniorspan eindig derde Nasionaal
2012 Benita vd Merwe, Esmarie Booysen en Laenita Laubscher Verteenwoordig die VS as Vrystaat juniorwenners by
Nasionaal
2013 Janke Kotzé (gr. 11) en Berdine Button (gr.11) Verteenwoordig die VS as VS seniornaaswenners by
Nasionaal
2015 Armand Smit (gr.11) en Laenita Laubscher (gr.11) Verteenwoordig die VS asVS seniorwenners by
Nasionaal

Verskeie spanne het ook as wenners uit die Dink-of-Sinkkompetisie getree.