Voortrekkers

BERTIE EIMER 083 984 2113

Die Voortrekkers se tems is “Voortrekkers Trap Nuwe Spore”.

Daar was vanjaar 74 jeug- en 28 volwasse lede. Dit was dus die vierde agtereenvolgende jaar dat JF die grootste hoërskolegroep in die Vrystaat en tweede grootste groep in die land was.

Die jaarlikse Vlotkamp het vanjaar ‘n nuwe tuiste langs die Vaalrivier by Bodemvas gekry. Dit was die grootste Vlotkamp in 10 jaar. Die potjiekoskompetisie tydens die kamp is deur die Kwagga Dogters se B-span gewen. Met die Vrystaat se Jeugleiersverkiesing is 2 van ons dogters as Vrystaat Jeugleiers verkies. Kentekens wat afgehandel is, is Waterredding en Touwerk. Gedurende die Maartvakansie het jeug- en volwasse lede na die jaarlikse gebiedskamp te Doornkloof vertrek.

Die tweede kwartaal het afgeskop met die PV Teoretiese vraestel. Elf Graad 12- Jeuglede is ingeskryf. Al 11 slaag en word na die Presidentsverkenningskamp genooi en word met die hoogste toekenning bekroon. Kentekens wat ook in die tweede kwartaal afgehandel word, was Vuurwapens en Vliegkuns.

Die derd kwartaal begin met ons jaarlikse Proe-aand. Ons open die Rafelfees met ‘n Kunsuitstalling deur JF-leerders. Elf Verkenners, ouers en volwasse lede vertrek na Doornkloof vir die Presidentsverkennersoorhandigingsfunksie.

Jeug- en volwasse lede woon ‘n Jeugberaad te Doornkloof by. Die hoogtepunt vir die jaar is die Voortrekkers se 85ste verjaardagvieringe by die Vrouemonument waar 492 jeuglede en 6 volwasse lede deel van die openingseremonie was.

Kentekens wat hierdie kwartaal aangebied is: Selfverdediging en Seremonies.

‘n Familiekamp gaan vir die eerste keer by Aldam aangebied word.

Aktiwiteite wat alles aangebied word:
Vlotkamp
Doornkloof
Baie geleenthede vir kentekens
Aksiekrieket
Hoofleier en Presidentsverkenner