Ma’s wat omgee

Ma`s wat omgee

`n Groep moeders kom weekliks bymekaar om vir ons skool, leerders, onderwysers en ouers te bid. Dit vind op Woendae-oggende plaas om half agt by die skool.
Ons weet dat `n liefdevolle, almagtige en genadige God elke gebed hoor en op sy perfekte tyd antwoord. Dit is die groot rede waarom ons skool van krag tot krag gaan op alle terreine.