Ons Skooldrag

Kliek op die plus sirkel om die item te besigtig.

ALGEMEEN

SEUNS

Gewone grys kort– of langbroek – gewone wit hemp – skooldas altyd verpligtend. Gewone swart skool toerygskoene (geen dik sole nie). Gewone grys kouse by langbroek en lang grys skoolkouse by kortbroeke. ’n Eenvoudige, dun swart lyfband sonder ‘n groot of versierde gespe is verpligtend.

MEISIES

Groen rok, wit, kortmou-skoolhemp en wit sokkies. Swart skoolskoene met ‘n enkele bandjie oor die voet.

WINTERSDRAG

SEUNS

Net soos vir somerseisoen, met ‘n groen trui met oranje streep in die V-nek en ‘n baadjie.

MEISIES

Groen rok, wit langmouhemp met ‘n das. Swart Opaque kouse (swart sykouse mag nie gedra word nie), V-nek trui met ‘n oranje streep in die riffelstrook en ‘n baadjie.
LW: Leerders mag onder geen omstandighede net ‘n trui dra nie.

UITGAANDRAG

SEUNS

Kleurbaadjie met grys langbroek, wit hemp met ‘n das en swart skool toerygskoene.

MEISIES

Drag is dieselfde soos vir somer- of winterdrag.

SPORTDRAG

SEUNS & MEISIES

Alleenlik voorgeskrewe JF-Sporthemp of toepaslike sportdrag – geen ander bostukke is toelaatbaar nie. Skool sweetpakbaadjie: swart sweetpakbroek of swart Adidas-kortbroek. Sportdrag is slegs by skool verkrygbaar.

ATLETIEK

SEUNS

Voorgeskrewe atletiekdrag. Verkrygbaar by die skool se klerebank.

MEISIES

Voorgeskrewe atletiekdrag. Verkrygbaar by die skool se klerebank.

GOLF

SEUNS

Voorgeskrewe gholfdrag

MEISIES

Voorgeskrewe gholfdrag

HOKKIE

MEISIES

JF-sporthemp, groen kouse met 2 oranje strepe aan die bokant, bottelgroen romp, hokkieskoene.

NETBAL

MEISIES

Swartrompie en JF-netbalhemp.

RUGBY

SEUNS

Swartbroek,, skoolrugbytrui en –kouse.

TENNISDRAG

SEUNS

Swart broek, JF-sporthemp. Wit kouse.

MEISIES

Bottelgroen romp en JF-sporthemp. Wit kouse.

SWEM

SEUNS

Swart “speedo” swembroek.

MEISIES

Swart “speedo” baaikostuum en JF-pet.

SPORTSAK

Swart sportsak met skoolwapen op.

VERSKAFFERS VAN VOORGESKREWE SKOOLDRAG

KLOPPERS

Kloppers verskaf das, baadjie, trui en moulose trui.
Ons skool beskik oor ‘n Klerebank waar goeie gehalte klere teen baie billike pryse bekom kan word. Sportdrag is slegs by die klerebank beskikbaar.
Tye: Gedurende kwartaal:

Maandag: 10:20 – 11:20
Dinsdag: 10:20 – 11:20, 14:10 – 14:40
Woensdag: 07:00 – 07:30, 10:20 – 11:20
Donderdag: 10:20 – 11:20
Vrydag: 10:20 – 11:20
Eksamen: 07:30—08:00

Vir verdere navrae skakel kantoor by tel: (051) 502 1760/1