Hokkie

HOKKIE – 2016
Hokkie-organiseerder: Leta Loubser 084 512 8800
Seuns: Ligawedstryde: Cherietha Wagener 082 828 7067
Dogters: Ligawedstryde: Lynzelle Pienaar 083 285 9100

By die aanhoor van die woord “hokkie” sien jy dadelik in jou geestesoog die prentjie van gras… astro… blitsige bal… ratse spelers… meelewende toeskouers… entoesiastiese afrigters… emosielose “umpires”… jillende meisies wat spelers aanspoor… beseerde spelers wat weier om hul span in die steek te laat… versengende hitte, snerpende koue… DIT IS HOKKIE BY JF.

Hoërskool Jim Fouché spog nou met sy eie ASTRO wat in 2015 gebou en in gebruik geneem is. Hierdié is die eerte jaar dat ons, vir ‘n hele seisoen, die astro ten volle kon benut. Behalwe vir afrigting en wedstryde, is die astro ook vir ‘n 7’s toernooi aangewend.

Vanjaar het ons vyftien (teenoor elf in 2013 en dertien in 2015) spanne vir die liga ingeskryf.

Ons spanne het met groot sukses aan die volgende inters, nl. Voortrekker, Witteberg en Sentraal deelgeneem.

23 seun- en 15 dogterspelers is vir die SVS-spanne gekies wat aan verskeie toernooie landswyd gedurende die Junie-vakansie deelgeneem het.

Drie spanne het onder die eerste drie plekke in die hokkieliga geëindig, nl. seuns o/14B (eerste), seuns o/14A (tweede) en dogters o/14A (derde).

Jarryd Patrick is oorhoofs verantwoordelik vir alle spanne se afrigting en afrigtingsprogramme. Spelers word geïdentifiseer en in verskillende oefengroepe geplaas met die oog op ‘n beter hokkieskool oor ‘n jaar of twee.
Ons wil ook poog om soveel as moontlik wedstryde teen verskillende skole te speel. Jou eie gehalte word verbeter deur teen topskole te speel.

Die sportanaliselokaal en oefensentrum is twee groot bates vir die hokkie en word in groot getalle deur die hokkiespelers benut.

By die astro sorg die astrobestuurder, mnr. Reinico Groenewald dat alles vlot verloop en dat die astroreëls gehandhaaf word. Hy is ook ‘n opgeleide noodhulpbeampte wat altyd op sy pos reg is om om te sien na elke noodgeval.
Al die A-spanne speel op die Astro terwyl die B- en C-spanne op die grasveld by die skool speel.
Elke span het ook ‘n spanbestuurder wat verantwoordelik is vir al die administratiewe take sodat die afrigters net op die afrigting kan konsentreer.

Ons sien met groot verwagting na ‘n besige seisoen uit wat ‘n groot aantal inters, vriendskaplike en ligawedstryde insluit.

Hieronder vind ‘n lys met die name, kontaknommers van die afrigters en spanbestuurders.

SEUNS
0.18A

Jarryd Patrick 083 960 2963
Millie van Wyk 082 567 0760
0.18B
Henry Scheun 076 588 7549
Irene Raath 083 560 8789
0.16A
Zirk Coetsee 083 639 8693
Rothea Oosthuizen 083 635 8626
0.16B
Henry Scheun 076 588 7549
Sonja van Zyl 083 498 4931
0.14A
Leon Hattingh 079 515 8999
Ina Fourie 082 619 0430
0.14B
James Taylor 083 701 2567
Ronel Jenkinson 083 381 9857

DOGTERS
0.18A

Jarryd Patrick 083 960 2963
Annatjie Human 083 498 4953
0.18B
Jacques v. d. Merwe 082 931 3328
Leta Loubser 084 512 8800
0.18C
Lynzelle Pienaar 083 285 9100
Lynzelle Pienaar 083 285 9100
0.16A
Joel Vorster 076 932 1716
Hans Grobler 083 682 6401
0.16B
Willie Kruger 072 738 1691
Eleanor Smith 084 901 8286
0.16C
Cherietha Wagener 082 828 7067
Cherietha Wagener 082 828 7067
0.14A
Stefanie van Eeden 083 344 0186
Stefanie van Eeden 083 344 0186
0.14B
Milandré Pretorius 074 891 0562
Marisa Smit 082 859 3910

Hokkie-oefentye vanaf 1 MAART 2016
Op Astro:

S18A
Maandag 16:30-18:00
Dinsdag 16:30-18:00
Woensdag 16:30-18:00
Donderdag 16:30-18:00
D18A
Maandag 15:00-16:30
Dinsdag 15:00-16:30
Woensdag 15:00-16:30
Donderdag 15:00-16:30
S16A
Maandag 15:00-16:30
Dinsdag 16:30-18:00
Woensda 15:00-16:30
Donderdag 16:30-18:00
D16A
Maandag 14:00-15:00
Dinsdag 15:00-16:30
Woensdag 16:30-18:00
Donderdag 15:00-16:30
S14A
Maandag 16:30-18:00
Dinsdag 14:00-15:00
Woensdag 14:00-15:00
Donderdag 14:00-15:00
D14A
Maandag 14:00-15:00
Dinsdag 14:00-15:00
Woensdag 14:00-15:00
Donderdag 14:00-15:00

Op Gras:

S18B
Maandag 16:00-17:00
Dinsdag 15:00-16:00
Donderdag 16:00-17:00
D18B
Maandag 16:00-17:00
Dinsdag 15:00-16:00
Donderdag 14:00-15:00
D18C
Dinsdag 14:00-15:00
Woensdag 14:00-15:00
Donderdag 16:00-17:00
S16B
Maandag 16:00-17:00
Dinsdag 14:00-15:00
Donderdag 15:00-16:00
D16B
Maandag 15:00-16:00
Dinsdag 16:00-17:00
Woensdag 16:00-17:00
D16C
Maandag 14:00-15:00
Woensdag 14:00-15:00
Donderdag 15:00-16:00
S14B
Maandag 15:00-16:00
Dinsdag 16:00-17:00
Woensdag 16:00-17:00
D14B
Maandag 14:00-15:00
Woensdag 15:00-16:00
Donderdag 14:00-15:00