Trompoppies

Hoof:  Helené Bakkes
084 671 1357

JF se trompoppies is vanjaar as wenners van die Vrystaatliga, aangebied deur FSMCA, aangewys.

Hiermee het hulle ook gekwalifiseer vir die Elite Liga tydens SAMCA se Nasionale Kompetisie.
Die “Throwing prop”-groep het ‘n agtste plek en JFDK ‘n algehele twaalfde plek in Suid-Afrika behaal.
Dertien van ons trompoppies is in die Vrystaatspan opgeneem wat teen die ander provinsale spanne deelgeneem het en ‘n vierde plek behaal het.

Die klub het tans 7 afrigters.

Name:

Helene Bakkes (provinsiale kleure asook SA kleure vir afrigting) Hoofafrigter FSDMA.

Carin Bornman (Provinsiale kleure in afrigting)
Micaela Stroebel (Protea trompoppie, frigter van Senior Provinsiale span)
Anna-Mart vd Merwe (Protea trompoppie)
Marizaan de Roubaix
Duane Erasmus
Charissa Patrick

Oefentye as volg: (14h00-16h00)
Maandag – Large drill en Vlaggroep
Dinsdag – Throwing prop
Woensdag – Small drill, non poms
Donderdag – Large drill, vlaggroep
Vrydag – oefening voor kompetisies