Veelkamp

Hoof: JP Botha
082 847 5902

Landloop is ‘n hardloop sport wat deur elke leerder beoefen kan word. Behalwe vir die band van saam oefen en die deelname aan kompetisies, lê Landloop die basis van fiksheid vir alle sporte soos Atletiek, Veelkamp en Spansport.

Teken elke weeksdag 5 uur in jou dagboek aan en kom word saam fiks!!

Ses atlete is ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die SA-Kampioenskap in Oos-Londen deelgeneem het.

VEELKAMPE
Ons skool bied verskeie veelkamp-items aan:

DRIEKAMP: Driekamp (swem; fietsry; hardloop) – in die somer maande.

Dubbelkamp (hardloop; fietsry; hardloop) – in die winter maande.
Vier leerders word ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die SA-Kampioenskap in Bloemfontein deelgeneem het.

BIATHLE: (Hardloop; swem; hardloop)
Een atleet is ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die SA-Kampioenskap in George deelgeneem het.

TWEEKAMP:(Hardloop en swem)

Twee leerders word ingesluit in die Suid-Vrystaatspan na die SA-Kampioenskap in Stellenbosch.